Pretoria-Oos-Logo

PRETORIA-OOS-STREEK

Pretoria-Oos-Logo

PRETORIA-OOS-STREEK

Pta-Oos 1

Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is die hart van alles wat ons doen in die Pretoria-Oos-streek. Ons glo dat mense aan mekaar verbonde is en 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en hul gemeenskap het. Daarom werk ons doelgerig daaraan om die gemeenskap waarin ons leef te versterk, te ondersteun en volhoubaar te ontwikkel.

Helpende Hand is geskoei op die beginsels van die Afrikaner Helpmekaarbeweging van 1949 waar die fokus geval het op help, saam en ons. Jy is nie alleen nie – jy is deel van 'n gemeenskap wat omgee en saam bou. Om werklike en blywende verandering te bewerkstellig, skep ons strukture en bied ons praktiese oplossings vir die uitdagings waarvoor ons mense daagliks te staan kom.

In Pretoria-Oos streef ons na hierdie visie tot lewe met verskeie projekte en inisiatiewe wat reeds 'n tasbare verskil gemaak het. Van gemeenskapsuitreike en fondsinsamelings tot ondersteuning aan instansies en individue – elke projek dra by om die mooi van Pretoria-Oos uit te bou en hoop te skep waar dit die nodigste is.

Maar ons kan dit nie alleen doen nie.

Die Pretoria-Oos-streek het jou nodig. Die beste helpende hand bly dié aan die punt van jou eie arm – en daarom bemagtig ons mense om self deel van die oplossing te wees.

  • Sluit vandag nog by een van ons takke aan.
  • Raak betrokke by ons projekte.
  • Help ons om 'n blywende verskil te maak.

Verken ons projekte en kyk hoe jy kan help om 'n verskil te maak:

Projekte

Saam bou ons. Saam help ons. Saam maak ons 'n verskil.

 

Ontmoet ons personeel

Pta-Oos 3

Zane Babinszky

Maatskaplike Werker
[email protected]

083 449 7218
Pta-Oos 2

Maryke Ackerman

Streek Administratiewe Beampte
Afdeling: Gemeenskapontwikkeling

[email protected]

082 620 8378
415b7f34-38b9-4dbc-ab43-b5bb3fb34ecc

Twyfelhoekies 365 saamgebundelde rubrieke

Ons stel met groot vreugde Hannes Noëth se bundel Twyfelhoekies bekend. En op julle versoek is dit genoeg vir 'n jaar – 365 rubrieke in een bundel!

Bestel jou bundel nou by www.twyfelhoek.co.za

Twyfelhoekboek

Prys: R190 + Posgeld

Nuus vanuit ons streek

hh-ons-plek-derdepoort-skenking-320x240

StapSaam-fonds wil toekoms vir Afrikaanse kinders verseker

Solidariteit Helpende Hand vier vanjaar Kinderbeskermingsweek met die amptelike bekendstelling van die Helpende Hand Ons Plek StapSaam-fonds.

Stemme uit stil straatjies: Hoekom ons nie ons oumas en oupas mag vergeet nie

4 Julie 2025

Dis maklik om verby ‘n stil huisie te ry – een met ‘n skewe hek, ‘n dowwe voordeurmat en ‘n roostuin wat lanklaas liefde gesien het. Dis maklik om te dink daar gebeur nie veel daar binne nie. Maar agter daardie stil voordeur sit ‘n mens met ‘n storie – ‘n lewe wat geleef is,…

Tweede asem, tweede kans

8 Mei 2024

In die eindelose dans van die lewe word ons soms vasgevang in die maalstroom van ons eie stryd. Ons moet uitdagings, teleurstellings en foute in die oë kyk. Dit laat ons struikel en sukkel om asem te skep. So het ons lewens tot stilstand geruk toe ons geliefde kollega ‘n hartaanval gehad het – jonk…

Die Handsak van Hoop

18 April 2024

Die Handsak van Hoop: ‘n Verhaal van krag en veerkragtigheid In die stille hoekies van ons samelewing, waar die skaduwees lank en die ligte dof is, is daar vrouens wat die gewig van die wêreld op hul skouers dra. Hulle is die verwerptes, die oorlewendes, diegene wat ‘n pad van herstel stap. En in hierdie…

Die waardigheid van arm-wees: Waar eenvoud ‘n koninkryk is

21 Februarie 2024

In die stil strate van arm-wees, waar elke hart ‘n storie van stryd en weerstand vertel, klink die oproep om waardigheid. Dis nie net ‘n vraag na aalmoese en handouts nie – ons wil nie almal se gemors hê nie. Leë pizzabokse, skoene wat sekerlik pragtig was in ‘n ander era – dit is nie…

Kaalvoetdag by Laerskool Garsfontein

Die Garsies het almal kaalvoet skool toe gekom en hulle ou skoene saamgebring vir kinders wat nie in die winter skoene het om te dra nie.

Baie dankie vir hierdie wonderlike gebaar, Garsies!

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1