
Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en waarmee ons ons besig hou. Ons glo mense is verbonde aan mekaar en het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef in 'n gemeenskap en wil die gemeenskap waarin ons leef, ontwikkel.
Helpende Hand is geskoei op die beginsels van die 1949 Afrikaner Helpmerkaarbeweging waarin die fokus geval het op help, saam en ons. Jy is nie alleen nie, maar deel van 'n gemeenskap. Om 'n gemeenskap te ontwikkel en die daaglikse uitdagings aan te pak, moet 'n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.
Pretoria-Oos-streek het JOU nodig om 'n verskil te maak. Die beste helpende hand was nog altyd die een aan die punt van jou eie arm, daarom is Solidariteit Helpende Hand se doel om mense te help om hulself te help.
Sluit vandag nog by een van ons takke aan en help om oplossings te bedink, projekte aan te pak en ons gemeenskap te bou.
Raak gerus betrokke by een of meer van Helpende Hand se projekte:
Seniors in Aksie | Bemagtig 'n Kind | Boesemvriendinne | Droomrokke | FroueVonds (met opset verkeerd gespel, want alles loop nie altyd reg nie) | HelpHetta | HelpJag | Kosblikkieprojek | Forum vir Persone met Gestremdhede | Piet Tande | Braaf die Boerboel | Skooltassieprojek | StopHonger | Tekkies & Toks
Ontmoet ons personeel




Nuus vanuit ons streek

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel
